Soorte resepte:

Resep: Gebakte beetslaai

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Ralph van Vuuren het hierdie maklike resep vir ons aangestuur. Hy sê dit is veral lekker saam met braaivleis.

Bestanddele

  • 3 heel bete
  • 1 groot ui
  • 1½ k wortels in klein blokkies gesny
  • 1 k vars basiliekruidblare
  • ½ k vars roosmaryn
  • 1 t vars gemaalde swart peper
  • 1½ t sout
  • 1 e oreganum
  • 3 groot knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 e olyfolie
  • 3 e balsamiese asyn

Metode

  1. Stel die oond op 190 °C.
  2. Kook die beet vir 30 minute, skil en sny in dun skywe.
  3. Sny ui in dun skywe.
  4. Kap basiliekruid en roosmaryn en knoffel saam tot fyn.
  5. Pak die beet, uie en wortels in ʼn laag en bedek met basiliekruid, roosmaryn, knoffel, bietjie sout en peper (na smaak), olyfolie, oreganum en balsamiese asyn.
  6. Pak ’n tweede laag en bedek dieselfde as die eerste laag.
  7. Bedek die gereg met ’n deksel en plaas in die oond.
  8. Bak vir 1 uur, roer deur en plaas terug in oond vir nog sowat 40 minute of totdat die uie net-net glaserig is.
  9. Haal uit en geniet warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mad Mike die Rhodesiër

Dis nou gesonde kos!

Eend Bessinger

Dis nou gesonde kos!