Soorte resepte:

Resep: Geroomde spinasie

Argieffoto

Geroomde spinasie is heerlik as bykos saam met enige vleisgereg of jy kan dit selfs as ʼn vulsel vir pannekoek gebruik.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 60 ml (4 e) botter
  • 1 ui, gekap
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, gekerf
  • 75 ml (5 e) koekmeel
  • 750 ml (3 k) melk
  • 187 ml (¾ k) gerasperde cheddarkaas
  • 600 g (2 x 300 g-pakke of 2 bosse) spinasie, ontstingel en fyngekerf
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • knypie neutmuskaat

Metode

  1. Verhit botter en soteer ui en sampioene daarin tot gaar.
  2. Roer koekmeel by tot uimengsel goed daarmee bedek is.
  3. Roer melk stadig by. Roer aanhoudend sodat daar nie klonte vorm nie.
  4. Roer kaas by tot gesmelt. Verwyder van hitte.
  5. Kook spinasie vinnig in kookwater tot net sag.
  6. Dreineer goed.
  7. Voeg spinasie by sous. Geur met sout, peper en neutmuskaat.

WENK: Jy kan die kaas weglaat indien verkies.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eend Bessinger ·

Heerlik! Dis nou die beste manier om spinasie in jou lyf te kry.

Belinda ·

klink baie lekker. ek maak myne net so lekker.
ek deineer die spinasie sodra dit met kookpunt kom (om die ergste “groen”smaak te blus)
dan kook ek dit vir n verdere 20min,
in n plastiek bakkie smelt ek so halwe koppie botter in die mikrogolf, en dan gooi ek so eetlepel koekmeel daarby, meng deeglik en dan by die spinasie. jy sal sien hoe die spinasie n romerige sous dan vorm.
ek geniet om so bietjie wit peper ook by te voeg. Proe amper soos Spur-spinasie…

Frank ·

Nou waars die knoffel???? En Ina Paarman veggie spice??? En bietjie olyfolie? Ek vat sommer kortpad met kwart koppie room ipv botter, mekl en kaas. Ook heerlik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.