Soorte resepte:

[Resep] Gestolde drielaagslaai

Foto: 50 Boerekos-geregte, Lapa-uitgewers

Hierdie slaai is perfek vir die lente wat vir ons loer!

Bestanddele

WORTELLAAG

  • 80 g (1 pakkie) lemoengeur-jelliepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 250 ml fyngerasperde wortels

PYNAPPELLAAG

  • 80 g (1 pakkie) pynappelgeur-jelliepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 410 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 250 g geroomde maaskaas

BEETLAAG

  • 80 g (1 pakkie) kersiegeur-jelliepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 250 ml gerasperde gaar beet

Metode

  1. WORTELLAAG: Los die jellie op in die kookwater, voeg die wortel by en laat stol dit in ʼn ringvorm.
  2. PYNAPPELLAAG: Los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die pynappel, kaas en maaskaas by. Skep dit bo-op die gestolde wortellaag.
  3. BEETLAAG: Los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die beet by. Skep dit op die gestolde pynappellaag. Laat dit oornag in die yskas staan om heeltemal te stol.
  4. Keer die slaai op ʼn mooi bord uit en garneer dit met wortelrepies.

Bron: 50 Boerekos-geregte, Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sjoe ·

Nee dit is nie slaai, dit is poeding, dit klink so heerlik mens wil dit sommer dadelik maak!!!!!

Karin Bloem ·

My goeiste, hierdie resep neem my terug na my jare in die 1970’s as jong huisvrou toe gestolde slaaie en poedings hoogmode was – en heerlik in die somer! Niks nuuts nie, maar ek gaan sommer dadelik weer maak as die kinders kom kuier want ek het ‘n idee die kleinkinders gaan smul aan die slaai. Gaan grawe die ou ‘Kook en Geniet’ uit en siedaar: talle resepte vir gestolde slaaie :-)

Ria Marais. ·

Sjoe. Lyk heerlik. As ek bestanddele gehad het het ek dit vannaand gemaak. Maar sal definetief die resep nog maak!

Lilisa van Zyl ·

Jul resepte is almal tops. Sal def die slaai maak. Het nog altyd van gestolde slaaie gehou. Hou so aan.

Meraai ·

Tops!! Ek is so opgewonde as ek ‘n nuwe resep by maroela kry..ek het 2dae gelede maroela se super sjokolade koek gebak..mmmmm uit die boonste rakke! Ek wil deesdae glad nie meer die tuisnywerheid ondersteun nie..tuis gebak is soveel lekkerder! Dankie maroela vir jul tops resepte! Ek voel soos ‘n sjef agter die potte met ‘n maroela resep buiderhand..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.