Soorte resepte:

Resep: Gevulde rissies

Gevulde rissies (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike vegetariese dis.
Genoeg vir 8

Bestanddele

  • 4–5 klein groen, rooi of geel soetrissies, gehalveer en ontpit
  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • sout en varsgemaalde peper
  • 3 e (45 ml) botter
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
  • 500 g spinasie, geblansjeer en gedreineer
  • 150 g Clover Herb‑fetakaas, gekrummel
  • ½ t (93 ml) varsgemaalde swartpeper
  • ½ k (125 ml) gekoopte Italiaanse pastasous
  • ⅓ k (80 ml) Clover‑suurroom
  • 1 t (5 ml) paprika
  • ½ (125 ml) gerasperde Clover wit Cheddarkaas

Metode

  1. Rangskik die rissies, gesnyde kant boontoe, in ’n roosterpan.
  2. Bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
  3. Verhit die botter in ’n pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4–5 minute, of tot sag.
  4. Verwyder van die hitte. Droog die geblansjeerde spinasie af met kombuispapier, en voeg by die uiemengsel. Roer die fetakaas in en geur met swart peper.
  5. Verdeel die mengsel tussen die rissies. Gooi die Italiaanse pastasous bo-oor, dan die suurroom.
  6. Sprinkel die paprika en kaas bo-oor. Rooster in ’n ketelbraai (of soortgelyke braai) of in die oond teen 180 °C vir 20–25 minute, of tot die kaas goudbruin is.

Opsioneel: Maak koeskoes en meng dit ook by die uiemengsel in voordat jy die rissies vul.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Katerina ·

Ek het juis gedink om op die naweek gevulde rissies te maak, maar gaan maalvleis en kaas insit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.