Soorte resepte:

Resep: Gevulde sampioene met brie

Gevulde sampioene met brie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie is nie jou gewone knoffelsampioene nie.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • 12 groot swartsampioene, afgevee en stingels afgesny
  • 1 knoffelhuisie, geskil en gekneus
  • 100 ml botter of margarien
  • 12 skyfies briekaas

VULSEL

  • 250 g (1 houer) korrelmaaskaas
  • 20 ml aangemaakte mosterd
  • 25 ml gesnipperde grasui
  • 50 ml mayonnaise
  • 20 ml gerasperde parmesaankaas (opsioneel)
  • 150 ml gerasperde cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200 °C.
  2. Braai sampioene en knoffel in smeer.
  3. Meng al die vulselbestanddele saam. Skep die vulsel op die sampioene en plaas die brieskyfies bo-op.
  4. Bak sampioene 10-15 minute lank en sit dadelik voor.

Bron: Lekker en Vinnig – Braaigeregte, oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers deur Hannetjie Joubert.
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.