Soorte resepte:

Resep: Gevulde sampioene

Foto net ter illustrasie. (Foto: Djordje Vezilic/Pixabay)

Sit voor as peuselhappie, voorgereg of as deel van ʼn hoofgereg saam met bruinrys, geroosterde groente en slaai.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 6 heel groot sampioene, gewas of skoongevee
  • 20 ml olyf-, makadamia- of druiwepitolie
  • 30 ml basiliepesto
  • 30 ml parmesaankaaspoeier
  • 30 ml fyngesnyde songedroogde tamaties
  • 60 ml glutenvrye broodkrummels
  • 60 ml gerasperde mozzarellakaas
  • 30 ml gekapte pekanneute
  • 1,25 ml varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml paprika

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Verwyder die sampioene se stingels. Skraap die kieue uit en gooi weg. Smeer die sampioene met olie en plaas eenkant.
  3. Roer die res van die bestanddele saam in ʼn mengbak en vul elke sampioen met die mengsel.
  4. Plaas die gevulde sampioene in die oondbak en bak 10-15 minute tot goudbruin.
  5. Laat ʼn paar minute afkoel voor opdiening.

Bron: Glutenvrye gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.