Soorte resepte:

Resep: Glutenvrye gebakte aartappel met tunavulsel

Glutenvrye gebakte aartappel met tunavulsel (Foto: Lapas-uitgewers)

Jy kan die tuna vervang met enige vis van jou keuse.

Lewer 4 porsies
Bestanddele

  • 4 groot aartappels, met skil, skoongeskrop (± 150 g elk)
  • 170 g-blik tuna, gevlok (150 g gedreineer)
  • 20 g gerasperde parmesaan- of pecorino-kaas
  • ½ middelslag-ui, geskil en fyngekap (50 g)
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 1 knoffelhuisie, gekap (opsioneel)
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 15 ml suurlemoensap
  • 60 ml lae-olie-mayonnaise (Crosse & Blackwell Trim is glutenvry)
  • 100 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 125 ml gerasperde mozzarellakaas (50 g)
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Kook die aartappels vir 15-20 minute tot gaar en sag. Laat afkoel tot hanteerbaar warm.
  2. Sny ’n kruis aan die plat of breë kant van die aartappels en druk elkeen op die kruis sodat die skil oopmaak. Skep ± 25 ml van die aartappel in ’n mengbak uit om holtes vir die vulsel te maak.
  3. Plaas die aartappels op ’n gesmeerde bakplaat en voorverhit die oond tot 200 °
  4. Druk die uitgeskepte aartappel effens fyner. Voeg die tuna, parmesaan- of pecorino-kaas, ui, pietersielie, knoffel, suurlemoenskiI en -sap, mayonnaise en jogurt by. Skep die vulsel in die aartappelholtes, strooi mozzarellakaas oor en geur na smaak.
  5. Bak dit vir 25 tot 30 minute tot goudkleurig. Bedien dit met ’n bros groenslaai en gekapte grasui.

Bron: Lekker & Gesond: Glutenvry

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.