Soorte resepte:

Resep: Griekse braaibroodjies

Griekse braaibroodjies. (Foto: Lapa Uitgewers).

Smul aan hierdie braaibroodjie saam met jou braai.

Lewer 4 braaibroodjies

Bestanddele

  • 8 snye rogbrood of enige brood van jou keuse
  • 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
  • 150 g rosatamaties, in dun skywe gesny
  • 200 g laevet-fetakaas
  • 1 t gedroogde basilie
  • 1/2 t woestyn- of pienksout
  • 1/4 t growwe swartpeper
  • 1-2 e olyfolie

Metode

  1. Pak vier snye brood uit op ʼn werkoppervlak.
  2. Rangskik die skyfies ui en tamatie op die brood en geur met kruie, sout en peper.
  3. Plaas die vier ander snye brood bo-op.
  4. Verf die brood aan die buitekante met olie en pak dit op die rooster.
  5. Braai oor lae kole tot die broodjies bros en die tamatie en uie sag is.

Bron: Karlien kan nie kook nie

Uitgewer: Lapa

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

africangrey ·

Waar kom die feta kaas in?
Saam met die uie en tamatie?
Ek wil dit graag maak maar weet nie of ek dit voor of agterna moet op sit nie.

Liza Joubert ·

Dagsê Africangrey

Dankie vir jou boodskap.
Die fetakaas kan saam met die ui en tamatie bygevoeg word.

Groetnis
Liza
(namens Maroela Media)

koos10 ·

Nou wie sou raai, ‘n resep om braaibrootjies te maak!!!! Enige egte, ernstige braaimeester weet hoe om dit te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.