Griekse braaibroodjies mag dalk net die interessante, nuwe plaasvervanger vir jou naweekbraai se bykos wees.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 8 snye rogbrood of brood van jou keuse
- 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
- 150 g rosatamaties, in dun skywe gesny
- 200 g laevet-fetakaas
- 1 t gedroogde basilie
- ½ t woestyn- of pienk sout
- ¼ t growwe swartpeper
- 1 tot 2 e olyfolie
Metode
1. Pak vier snye brood uit op ʼn werkoppervlak.
2. Rangskik die skyfies ui en tamatie op die brood en geur met kruie, sout en peper.
3. Plaas die ander snye brood bo-op.
4. Verf die brood aan die buitekante met olie en pak dit op die
rooster.
5. Braai oor baie stadige kole tot die broodjies bros en die tamatie en uie sag is.
Bron: Karlien kan nie kook nie
Uitgewer: Lapa