Soorte resepte:

Resep: Groenolyf-en-rooiui­-doopsous

Groenolyf-en-rooiui­doopsous. (Foto: Lapa Uitgewers)

“’n Doopsous is altyd ʼn treffer – en ʼn doodeenvoudige manier om jou gaste te laat dink dat jy jou vir ure afgesloof het om alles betyds te berei. Maar ek en jy weet albei dat dit nie die geval is nie. Ek sloof my nóóit af nie,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal 2.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 8 groen olywe, ontpit
  • 2 ringe van ʼn rooiui, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 100 g mediumvet-roomkaas, by kamertemperatuur
  • 2 e Griekse volvet-jogurt
  • 1 e sprietui, gekap
  • sap van 1 suurlemoenwiggie
  • varsgemaalde sout en swartpeper
  • Italiaanse pietersielie, vir garnering

Metode:

  1. Plaas die olywe, rooiui, knoffel, roomkaas, jogurt en sprietui in ʼn voedselverwerker en pols tot so fyn soos jy dit wil hê. Ek verkies ʼn growwerige tekstuur.
  2. Skep die doopsous in ʼn mengbak en drup van die suurlemoensap oor. Geur met sout en swartpeper. Proe en drup nog suurlemoensap oor as jy wil.
  3. Skep in ʼn mooi bakkie en garneer met fyngekapte pietersielie. Sit voor met keto-kraakbeskuitjies (op bladsy 23 Armand kook kaal Volume 2) of groente-crudités.

Bron: Armand kook kaal Volume 2 deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.