Soorte resepte:

Resep: Haloumi-vingers met doopsous

Haloumi-vingers met doopsous (Foto: Lapa-uitgewers)

“Ek is mal oor kaas en ’n goeie doopsous. Hierdie kombinasie sorg op een slag vir twee van my gunsteling-peuselhappies. En glo my, almal gaan jou vra wat die resep vir die artisjokdoopsous is,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

Bestanddele

ARTISJOK-DOOPSOUS

  • 1 blik (390 g) artisjokke, gedreineer
  • 100 g roomkaas by kamertemperatuur
  • 2 e ongegeurde volroomjogurt
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 t gekapte pietersielie
  • 1 e suurlemoensap
  • varsgemaalde sout en peper

HALOUMI-VINGERS

  • 400 g haloumi
  • botter
  • ½ suurlemoen

Metode

  1. Plaas al die doopsousbestanddele in ’n voedselverwerker. Puls totdat alles gemeng is. Ek verkies ’n growwer tekstuur, maar jy kan ook alles maal totdat dit baie fyn en na smaak is.
  2. Sny die haloumi in langwerpige skywe (ongeveer ½ cm dik). Smelt die botter in ’n braaipan oor hoë hitte.
  3. Braai die haloumi in die botter totdat dit goudbruin aan elke kant is en dreineer dit dan op kombuispapier.
  4. Druk die halwe suurlemoen se sap oor die haloumi-vingers en dien saam met die artisjokdoopsous op.

Wenk: Jy kan ook die onderkante van die artisjokke pleks van die harte gebruik. Dit is goedkoper en proe dieselfde.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.