ʼn Heerlike happie is nooit te versmaai nie!
Lewer 30 happies
Bestanddele:
UIEMARMELADE
- 45 ml (3 e) botter
- 3 uie, in ringe gesny
- 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
- 90 ml (6 e) balsamiese asyn
- 250 ml (1 k) droë witwyn
- 1 ml sout
- swartpeper na smaak
DEEG
- 800 g (2 x 400 g-rol) skilferkorsdeeg
OM VOOR TE SIT
- 250 g (1 wig) brie, in skyfies gesny
- basiliekruid- of koljanderblaartjies (opsioneel)
Metode:
- Voorverhit die oond tot 200 °C
- Voer ʼn bakplaat met bakpapier en spuit met kossproei.
UIEMARMELADE
- Verhit die botter en braai die uie oor matige hitte tot sag.
- Verlaag die temperatuur en voeg die suiker by. Roer dit vir ongeveer 18 minute tot die suiker opgelos het en die uie en suiker gekaramelliseer het.
- Voeg die balsamiese asyn, witwyn en sout by die uiemengsel.
- Laat dit vir ongeveer 15 minute oor matige hitte kook tot die meeste van die vloeistof verdamp het.
- Roer en geur met nog sout en peper indien nodig.
- Skep in gesteriliseerde bottels en bêre tot benodig.
DEEG
- Rol die skilferkorsdeeg oop en sny in blokkies van 4 x 4 cm.
- Rangskik die deegblokkies op die voorbereide bakplaat, verf ʼn bietjie melk oor en bak vir 25 minute of tot goudbruin bo-op.
- Verwyder uit die oond en laat dit heeltemal afkoel. Bere in ʼn lugdigte houer tot benodig.
OM VOOR TE SIT
- Plaas ʼn snytjie brie op elke skilferkorsblokkie, gevolg deur ʼn skeppie uiemarmelade en kruieblaartjies bo-op.
Bron: Beste uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
klink baie lekker, dis net die eerste keer wat ek van uie marmelade hoor. sal seker lekker op toast ook wees
Sal lekker wees op enige iets! :)