Soorte resepte:

Resep: Happies met brie en uiemarmelade

Brie-happie

Happies met brie en uiemarmelade. (Foto: Beste uit Vrouekeur/Lapa Uitgewers)

ʼn Heerlike happie is nooit te versmaai nie!

Lewer 30 happies

Bestanddele:

UIEMARMELADE

  • 45 ml (3 e) botter
  • 3 uie, in ringe gesny
  • 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
  • 90 ml (6 e) balsamiese asyn
  • 250 ml (1 k) droë witwyn
  • 1 ml sout
  • swartpeper na smaak

DEEG

  • 800 g (2 x 400 g-rol) skilferkorsdeeg

OM VOOR TE SIT

  • 250 g (1 wig) brie, in skyfies gesny
  • basiliekruid- of koljanderblaartjies (opsioneel)

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C
  2. Voer ʼn bakplaat met bakpapier en spuit met kossproei.

UIEMARMELADE

  1. Verhit die botter en braai die uie oor matige hitte tot sag.
  2. Verlaag die temperatuur en voeg die suiker by. Roer dit vir ongeveer 18 minute tot die suiker opgelos het en die uie en suiker gekaramelliseer het.
  3. Voeg die balsamiese asyn, witwyn en sout by die uiemengsel.
  4. Laat dit vir ongeveer 15 minute oor matige hitte kook tot die meeste van die vloeistof verdamp het.
  5. Roer en geur met nog sout en peper indien nodig.
  6. Skep in gesteriliseerde bottels en bêre tot benodig.

DEEG

  1. Rol die skilferkorsdeeg oop en sny in blokkies van 4 x 4 cm.
  2. Rangskik die deegblokkies op die voorbereide bakplaat, verf ʼn bietjie melk oor en bak vir 25 minute of tot goudbruin bo-op.
  3. Verwyder uit die oond en laat dit heeltemal afkoel. Bere in ʼn lugdigte houer tot benodig.

OM VOOR TE SIT

  1. Plaas ʼn snytjie brie op elke skilferkorsblokkie, gevolg deur ʼn skeppie uiemarmelade en kruieblaartjies bo-op.

Bron: Beste uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

klink baie lekker, dis net die eerste keer wat ek van uie marmelade hoor. sal seker lekker op toast ook wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.