Soorte resepte:

Resep: Hawermout-plaatkoekies

Hawermout-plaatkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Afwisseling vir ontbyt of teetyd.

Lewer 12 plaatkoekies

Bestanddele

  • 250 ml (120 g) koekmeelblom
  • 5 ml bakpoeier
  • 20 ml suiker
  • 2,5 ml sout
  • 125 ml (45 g) rou hawermout
  • 2 groot eiers
  • 250 ml laevetmelk
  • 20 ml sonneblom- of kanolaolie
  • olie vir braai

Metode

  1. Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker, sout en hawermout en maak ʼn holte daarin.
  2. Klits die eierwit tot styf, maar nog nie droog nie. Klits die eiergeel, melk en olie saam en giet dit in die holte van die droë bestanddele. Begin van die middel af om die vloeistof en droë bestanddele te meng tot ʼn gladde beslag vorm. Vou die eierwit in.
  3. Verhit die braaipan tot matig warm. Verf die bodem van die pan met ʼn bietjie olie. Skep 50 ml beslag entjies uitmekaar in die braaipan. Laat ruimte vir die beslag om te versprei en te rys.
  4. Bak die plaatkoekies totdat borrels op die oppervlak vorm en begin breek. Draai dit met ʼn eierspaan om en bak die ander kant.

Wenke

  • Die plaatkoekies kan vir 24 uur in die koelkas gebêre word of tot 3 maande in ʼn lugdigte houer bevries word.
  • Die plaatkoekies sal maklik voor teetyd of pouse in die kosblik ontdooi.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.