ʼn Heerlike doopsous saam met appelskywe of aarbeie
Lewer sowat 40 ml (1 porsie)
Bestanddele
- 30 ml ongegeurde laevetjogurt
- 5 ml vars suurlemoensap
- 5 ml suiwer heuning
Metode
Meng die jogurt, suurlemoensap en heuning tot glad.
Wenk: Hierdie doopsous kan tot drie dae verkoel word. Weens die jogurt in die doopsous is dit belangrik dat dit voortdurend koud bly en dus in ʼn koelhouer met ʼn yspakkie in vervoer word.
Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa