Soorte resepte:

Resep: Hoemoes

Hoemoes (Foto: Pixabay)

Hoemoes het ʼn Midde-Oosterse oorsprong en kan as ʼn doopsous of ʼn smeer gebruik word. Die vetinhoud van hierdie gereg bestaan hoofsaaklik uit mono-onversadigde vetsure.

Eet hoemoes as ʼn doopsous vir groentestokkies of as ʼn smeer op brood of kraakbeskuitjies.

Lewer 300 ml

Bestanddele

  • 1 x 400 g-blikkie gaar kekerertjies
  • 5-10 ml knoffel, gekap
  • 30 ml vars suurlemoensap
  • 30 ml olyfolie
  • 1-2 ml komyn- of karwysaad, fyn gemaak
  • sout na smaak
  • varsgemaalde swartpeper na smaak (opsioneel)
  • Knippie paprika

Metode

  1. Dreineer die kekerertjies en behou die inmaakvloeistof.
  2. Verwerk die kekerertjies saam met die knoffel, suurlemoensap, olie, komyn- of karwysaad in ʼn voedselverwerker tot glad. Voeg soos nodig van die gedreineerde inmaakvloeistof by terwyl die mengsel verwerk word.
  3. Geur die mengsel na smaak met sout, peper en paprika.
  4. Skep die hoemoes in ʼn houer met ʼn deksel en verkoel dit.

Bron: Min Moeite deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.