Soorte resepte:

Resep: Italiaanse somerslaai

Italiaanse somerslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Heerlike vars slaai om die nuwe week op ’n vars noot te begin!

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 500 g gekookte vars (of geblikte) aspersies
  • 200 g gekookte vars, jong groenboontjies
  • 1 gekookte vars (of geblikte) artisjokhart per persoon
  • 3 vars rooi tamaties, geskil, ontpit en grofgekap
  • ½ Engelse komkommer, in dun skyfies gesny
  • 7½ e (110 ml) olyfolie
  • ± 2½ e (40 ml) witwynasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 t (5 ml) droë basiliekruid
  • swart olywe na smaak

Metode:

  1. Meng die aspersies, groenboontjies, artisjokke, tamaties en komkommer liggies saam in ’n groot mengbak.
  2. Meng die olyfolie, asyn, sout, peper en basiliekruid in ’n bottel met ’n skroefdeksel sodat dit goed geskud en gemeng kan word.
  3. Giet die slaaisous oor die slaai en meng dit liggies deur.
  4. Plaas die slaai vir 1 uur in die yskas en meng weer liggies deur.
  5. Skep die slaai in ’n mooi slaaibak en garneer met die olywe.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bokkie ·

Yummie ….. slaai lyk baie lekker – net jammer dis vandag so koud – ek sal eerder sop wil eet as n slaai. Sal dit beslis volgende somer maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.