Soorte resepte:

Resep: Jogurt-en-komkommerdoopsous (Tzatziki)

Foto ter illustrasie (Foto: Mor Shani/Unsplash)

Hierdie doopsous mag dalk na iets eksoties klink, maar dit bevat alledaagse bestanddele en dit neem nie ure om voor te berei nie.

Lewer sowat 500 ml

Bestanddele

  • 1 groot komkommer, geskil en fyngerasper
  • 500 ml volroom jogurt of 250 ml laevet jogurt en 250 ml suurroom
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • sout en witpeper na smaak

Metode

  1. Plaas die komkommer in ʼn fyn sif oor ʼn bakkie en laat goed dreineer. Voer ʼn vergiettes uit met ʼn dubbele laag geperforeerde kombuisvadoek (“supawipes”) of moeseliendoek, en giet die jogurt of jogurt en suurroom daarin. Dreineer tot ʼn lekker dik sous gevorm het.
  2. Voeg die jogurt of jogurt-en-suurroommengsel by die komkommer en meng goed. Voeg die knoffel, sout en peper by, bedek en verkoel. Bestrooi met swartpeper voor bediening.

Bron: Lekker & vinnig: Souse (Uit Vatkos deur Carolie Koster)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.