Soorte resepte:

Resep: Kekerertjie-en-fetaslaai

Kekerertjie-en-fetaslaai (Foto: Lapa uitgewers)

Hierdie veselryke slaai kan aangevul word met brood of vleis vir ʼn volledige maaltyd, of as bykos bedien word.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 2 groot rooi soetrissies, gehalveer en ontpit
  • 5-10 ml kanola- of olyfolie
  • 2 x 400 g blikkies kekerertjies
  • 150 g fetakaas, gekrummel
  • 5 ml gekapte groen brandrissie (opsioneel)
  • 100 g gemengde slaaiblare – kleiner geskeur
  • 200 g kersietamaties, gehalveer
  • 50 ml gekapte vars pietersielie of koljanderblare
  • 25 ml gekapte grasui
  • 100 ml Franse of Griekse slaaisous
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °
  2. Plaas die soetrissiehelftes met die gesnyde kante na onder op die bakplaat en bespuit dit liggies met olie.
  3. Rooster vir 15-20 minute totdat die skil verrimpel lyk. Haal dit uit en laat afkoel. Trek die skil af en sny die rissies in repies.
  4. Spoel die kekerertjies onder lopende water af. Dreineer en plaas in ʼn slaaibak. Voeg die soetrissies, fetakaas, brandrissie, slaaiblare, tamaties, pietersielie en grasui by en meng liggies.
  5. Voeg net genoeg slaaisous by om dit klam te maak. Geur dit met varsgemaalde swartpeper en verkoel.
  6. Bedien dit as ʼn ete of vul dit aan met vars brood.

Bron: Lekker & vinnig: Veselryk deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.