Hierdie veselryke slaai kan aangevul word met brood of vleis vir ʼn volledige maaltyd, of as bykos bedien word.
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 2 groot rooi soetrissies, gehalveer en ontpit
- 5-10 ml kanola- of olyfolie
- 2 x 400 g blikkies kekerertjies
- 150 g fetakaas, gekrummel
- 5 ml gekapte groen brandrissie (opsioneel)
- 100 g gemengde slaaiblare – kleiner geskeur
- 200 g kersietamaties, gehalveer
- 50 ml gekapte vars pietersielie of koljanderblare
- 25 ml gekapte grasui
- 100 ml Franse of Griekse slaaisous
- varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °
- Plaas die soetrissiehelftes met die gesnyde kante na onder op die bakplaat en bespuit dit liggies met olie.
- Rooster vir 15-20 minute totdat die skil verrimpel lyk. Haal dit uit en laat afkoel. Trek die skil af en sny die rissies in repies.
- Spoel die kekerertjies onder lopende water af. Dreineer en plaas in ʼn slaaibak. Voeg die soetrissies, fetakaas, brandrissie, slaaiblare, tamaties, pietersielie en grasui by en meng liggies.
- Voeg net genoeg slaaisous by om dit klam te maak. Geur dit met varsgemaalde swartpeper en verkoel.
- Bedien dit as ʼn ete of vul dit aan met vars brood.
Bron: Lekker & vinnig: Veselryk deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa