Soorte resepte:

Resep: Kerrie-en-perske-pastaslaai

Kerrie-en-perske-pastaslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié gereg is heerlik warm óf koud!

Lewer 8 porsies

Bestanddele

SOUS

  • 125 ml tamatiesous
  • 10 ml kerriepoeier
  • 75 ml blatjang
  • 60 ml olie
  • 60 ml witasyn
  • 185 ml suiker
  • sout na smaak

SLAAI

  • 500 g (1 pak) skulpienoedels
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
  • 125 ml rosyntjies

Metode

SOUS

  1. Meng bestanddele vir sous in skudfles. Skud van tyd tot tyd. Los 24 uur lank in yskas.

SLAAI

  1. Kook pasta in borrelende water met bietjie sout tot al dente (net gaar). Dreineer en laat afkoel.
  2. Roer oorblywende slaaibestanddele by afgekoelde pasta.
  3. Roer sous by en sit voor.

Bron: Lekker & vinnig: Kerries

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.