Soorte resepte:

Resep: Kerrienoedelslaai met feta

Kerrienoedelslaai met feta (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié gereg is ʼn treffer!

Lewer 20 porsies

Bestanddele

  • 500 g skulpnoedels
  • 820 g (2 blikke) ingemaakte perskeskywe
  • 20 ml olie
  • 2 groot uie, gekap
  • 10 ml kerriepoeier
  • 8-10 ml borrie
  • 125 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 ml mayonnaise
  • 820 g (2 blikke) ertjies, gedreineer
  • gekapte blaarslaai, blokkies fetakaas en gekapte vars pietersielie vir garnering

Metode

  1. Kook die skulpnoedels in ’n groot kastrol soutwater tot net sag. Dreineer en hou eenkant.
  2. Dreineer die perskeskywe, maar behou die vloeistof. Sny die perskes kleiner.
  3. Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot kastrol en braai die uie tot sag.
  4. Voeg die kerriepoeier, borrie, blatjang en sout en peper by.
  5. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg 150 ml van die perskesap sowel as al die mayonnaise by.
  6. Voeg die ertjies saam met die perskes by die uiemengsel.
  7. Voeg die noedels by, meng goed deur en geur na smaak.
  8. Laat afkoel en skep dit in ʼn mooi glasbak en garneer met blaarslaai, fetakaas en pietersielie.

Bron: Eet saam, GKSA

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elmarie ·

Mens kan natuurlik gedroogde perskes ook gebruik. Dit swel uit van vloeistof en mag slaai droog laat voorkom so mens kan dit vooraf week in appel/perskesap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.