Soorte resepte:

Resep: Kruierys

Kruierys (Foto: Lapa-uitgewers)

Maklike rys in slegs twee stappe vir beginners in die kombuis.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 400 ml kookwater
  • 1-2 ml sout
  • 125 ml/100 g rou bruinrys
  • 5 ml droë Italiaanse kruie

Metode

  1. Verhit die water en sout tot kookpunt en voeg die rys by. Verhit dit weer tot kookpunt. Sit die deksel op, verlaag die hitte en prut dit 20 tot 30 minute totdat die rys gaar en al die water geabsorbeer is.

Indien die rys nog nie sag is nie, of sagter rys verkies word, kan 50 tot 100 ml kookwater bygevoeg en dit nog 5 tot 10 minute geprut word.

  1. Roer die kruie by die gaar rys en dien dit warm op.

Variasie: Vervang die droë kruie met vars kruie soos grasui, oreganum, roosmaryn, tiemie en salie

Wenke vir bêre:

  • Die rys moet droog gekook wees en vinnig afgekoel word, anders word dit suur.
  • Verkoel tot 1 week in ʼn houer met ʼn digpassende deksel.
  • Die rys kan in die verlangde porsies vir 3 maande bevries word.
  • Moenie die rys meer as een keer bevries of herverhit nie.

Bron: Min moeite deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chane ·

In terme van voedselveilgheid is dit dalk nie ‘n goeie idee om die rys vir so ‘n lang tydperk in die yskas te stoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.