Soorte resepte:

Resep: Lemoen-en-gemmerpatats

Foto ter illustrasie. (Foto: Gilberto Olimpio/Unsplash)

Hierdie heerlike patatgereg sal heel gepas vir ʼn koue wintersaand wees.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 1 kg patats
  • 500 ml (2 k) CLOVER Krush-lemoensap
  • 50 ml (3 e + 1 t) mielieblom
  • 100 g bruinsuiker
  • 1 ml sout
  • 200 g (1 pakkie) gemmerkoekies, fyn gekrummel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Kook die patats in borrelende soutwater tot sag. Jy kan dit skil of met skil aan kook, soos verkies.
  3. Smeer ʼn oondvaste bak met botter. Sny die patats in skywe en pak dit in die gesmeerde bak.
  4. Meng ʼn bietjie lemoensap by die mielieblom tot ʼn gladde pasta.
  5. Gooi die oorblywende lemoensap, bruinsuiker, sout en lemoenpasta saam in ʼn kastrol en kook tot die sous begin verdik.
  6. Giet die sous stadig oor die patatskywe en bak vir 20 minute.
  7. Sprinkel die gemmerkoekies bo-oor indien verkies en bak nog 5 minute.
  8. Sit warm voor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

Ek gaan dit probeer beslis – ek is lief vir patats en gelukkig gaande oor gemmer. Dink hierdie sal lekker saamkook tot n lekker soeterige gemmer stropie onder in bak. Hmmm water my mond sommer nou. Ons gaan nou braai. Ja vleis en papats braai. Of nee wag – liewer die Karoolam-skenkels gaarmaak soos per skenkel resep net hier langsaan. Dit klink nou lekker ja Skenkel, patat en lekker knoffel-gebraaide aartappels met n maroela media nagereg… mmm wonder watter ene…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.