ʼn Heerlike somerslaai!
4 porsies
Bestanddele
- 4 middelslag lemoene, geskil en in dun skyfies gesny
- 1 klein koppie krakerige blaarslaai (ysbergslaai), gekerf
- 1 groot ui in dun skyfies gesny
- 125 ml groen olywe, ontpit
- 60 ml olyfolie
- 60 ml vars lemoensap
- ’n knippie sout
- ’n knippie rooipeper
Metode
- Rangskik die lemoenskyfies bo-op die gekerfde blaarslaai en rond dit af met skyfies ui en olywe.
- Meng die res van die bestanddele goed en drup dit oor die slaai. Sit dadelik voor.
Bron: Koskas kos deur Francois Ferreira
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Somerslaai met wintervrug? Interessant