Soorte resepte:

Resep: Liplekker sjokolade-hummus

Liplekker sjokolade-hummus (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié suikervrye happie is heerlik saam met vrugte.
Genoeg vir 4-6 mense

Bestanddele

  • 2 blikkies kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 2 e olyfolie
  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • 2 e karamelgeursel
  • 2 opgehoopte e kakaopoeier
  • 5 e rou heuning
  • 2 opgehoopte e amandelbotter

GARNERING

  • bessies
  • amandelmeel
  • kakao
  • mentblare

Metode

  1. Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot fyn.
  2. Skep dit in ’n mooi bakkie en plaas in die yskas tot gestol.
  3. Garneer dit met bessies, amandelmeel, kakao en mentblare.
  4. Sit dit voor saam met vars bessies, piesangskyfies, brosbeskuitjies en geroosterde neute.

 

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oe la la ·

Ek mag dalk dom klink maar kan iemand my dalk help? wat is kekerertjies….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.