Soorte resepte:

Resep: Mieliemeel-en-mieliegebak

Mieliemeel-en-mieliegebak (Foto: Pharma Dynamics)

ʼn Heerlike bygereg vir ʼn braai.

Bestanddele

  • 3 k (750 ml) growwe mieliemeel
  • 2 k (500 ml) water
  • 1 ½ k (375 ml) laevet melk
  • ½ t sout
  • ¼ k (60 ml) olyfolie of kanola-olie
  • 1 x 410 g blikkie geroomde mielies
  • 1 klein ui, in dun repies gesny
  • 3 e vars gekapte pietersielie
  • ¼ k gerasperde cheddarkaas
  • 1 mielie op die stronk, met die pitte afgesny, of ½ k gevriesde heel mieliepitte

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die mieliemeel, water, melk, sout, olie en geroomde mielies in ʼn bak. Meng goed.
  2. Smeer olie liggies in ʼn 20 x 27 oondbak en skep die mieliemeelmengsel daarin.
  3. Pak die uie-repies bo-op. Meng pietersielie, kaas en mielies en sprinkel oor die uie.
  4. Bak vir 1 uur of tot die mieliemeel deurgaar is. Bedien warm.

 

Bron: Pharma Dynamics se Cooking from the heart deur Heleen Meyer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.