Soorte resepte:

Resep: Mieliepaptert

Mieliepaptert (Foto: Lapa Uitgewers)

Maak hierdie heerlike paptert as bykos met jou volgende naweek- (of week-) braai.

Bestanddele

Pap

  • 2 liter water
  • 125 g (¼ blok) Clover Farmstyle-botter
  • 10 ml (2 t) sout
  • 660 g (4 k) mieliemeel

Vulsel

  • genoeg Clover Farmstyle-botter
  • 1 ui, gekap
  • 200 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
  • 500 g (250 g x 2 pakkies) sampioene, in skyfies gesny
  • ½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) geroomde mielies
  • 250 ml (1 k) Clover-cheddarkaas, gerasper
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • knippie swartpeper
  • 500 ml (2 k) Clover se vars room
  • ekstra Clover Farmstyle-botter om mee te smeer
  • 250 ml (1 k) Clover-cheddarkaas, gerasper, vir bo-oor
  • vars tiemie vir bo-oor

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die water, botter en sout in ʼn groot genoeg kastrol tot kookpunt.
  3. Roer die mieliemeel by die kokende water tot goed gemeng. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 minute oor lae hitte totdat die pap gaar is.
  4. Verdeel die helfte van die pap tussen twee losboomkoekpanne met ʼn deursnee van 25 cm wat met botter gesmeer is.
  5. Verhit genoeg botter in ʼn braaipan en braai die uie en die spek daarin vir 3 minute.
  6. Voeg die sampioene daarby en braai tot die sampioene sag is. Voeg die soetrissie by en braai vir nog 3 minute. Verwyder van die hitte.
  7. Roer die mielies, kaas, sout en peper by die sampioenmengsel.
  8. Verdeel die vulsel tussen die twee lae van die pap.
  9. Skep die oorblywende pap oor die vulsel. Maak glad bo-op.
  10. Rasper die kaas bo-oor die paptert.
  11. Giet die room eweredig bo-oor die twee terte.
  12. Bak vir 30 minute tot die kaas liggoudbruin bo-op is.
  13. Trek die blaartjies van die tiemietakkies af en sprinkel dit bo-oor die paptert.
  14. Laat staan die paptert vir 15 minute om effens af te koel voor opdiening.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.