Soorte resepte:

Resep: ʼn Slaai vir jou hond

ʼn Slaai vir jou hond (Foto: Bake and Bark)

Die diere-rehabilitasiesentrum Domestic Animal Rescue Group (DARG) in Houtbaai het onlangs ʼn resepteboek bekendgestel wat jou sal help om self gesonde kos vir jou honde by die huis te maak.

DARG help om misbruikte en verwaarloosde diere asook rondloperdiere te rehabiliteer en vir hulle nuwe tuistes te soek. Hulle help ook honde en katte in die nabygeleë Hangberg en Imizamo Yethu deur geld te skenk vir sterilisering, noodgevalle en algemene troeteldiersorg.

DARG ontvang geen ondersteuning van die regering nie en is afhanklik van die goedhartigheid van mense en geldinsamelingsprojekte.

Die groep se jongste projek, die honderesepteboek Bake and Bark, bied resepte met bestanddele wat vrylik in die winkel beskikbaar is. Al die resepte is sonder suiker, sout en xylitol.

Hierdie resep moet nie as ʼn etevervanger beskou word nie. Raadpleeg eers ʼn kenner en voer jou hond verantwoordelik en met matigheid. Vir meer inligting besoek hul webwerf hier. Koop Bake and Bark hier aanlyn.

Jou hond kan ook bykosse eet!

Lewer 1-4 porsies (afhangend van die grootte van jou hond)

Bestanddele

  • 1 k blaarslaai, gekap
  • ⅓ k komkommer, geskil en in blokkies gesny
  • ¾ k wortel, geskil en gerasper
  • ¾ k patat, geskil en in blokkies gesny
  • ⅓ k ongegeurde volvet jogurt

Metode

  1. Meng al die bestanddele tot eweredig in jogurt bedek en bedien dadelik aan jou hond.

Wenke:

  • Die slaai kan vir twee dae in die yskas gestoor word.

Maak seker met jou veearts of jou hond jogurt mag eet en pas die resep aan deur bloot die jogurt te verwyder, sou jou hond allergies wees vir laktose.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

katerinadiekat ·

Nee ek glo nie so nie. Ek kook maar hoenderborsies vir my huishond om haar gewig te beheer. Vir die buitehonde gee ek gewone hondekos met oorskiet soos rys, vleisbene, groente, pasta, wat ook al, met pakkies beef sop as n sous, of Bovril sous. Hulle soek gekookte kos as bykos by hul pellets, hulle sal my aankyk of ek waansinnig is as ek vir hulle slaai soos hierdie gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.