Soorte resepte:

Resep: Noedelslaai

Noedelslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak nie saak hoe die weer by jou lyk nie, ʼn lekker noedelslaai is altyd ʼn wenner.

6 – 8 porsies

Bestanddele

  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) olie
  • 500 g (1 pak) groot skulpiepasta
  • 1 klein groen soetrissie, ontpit en in blokkies
  • 1 klein rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
  • 1 ui, fyn gekap
  • 410 g (1 blik) perskeskywe, gedreineer, in stukkies gesny
  • 440 g (1 blik) pynappelstukkies, gedreineer
  • 125 ml (½ k) sultanas

SOUS

  • 250 ml (1 k) Clover Cream O’Naise
  • 60 ml (4 e) Clover-volroommelk
  • 60 ml (4 e) Clover-kondensmelk
  • 4 ml borrie
  • 45 ml (3 e) blatjang
  • knippie sout

Metode

  1. Verhit genoeg water waarby die sout en die olie gevoeg is in ʼn kastrol tot kookpunt.
  2. Voeg die pasta by en laat kook vir 12 minute, of tot al dente.
  3. Spoel onder lopende water af en roer bietjie ekstra olie deur sodat die pasta nie aanmekaar kleef nie.
  4. Roer die soetrissie ui perskes, pynappel en sultanas deur die pasta.

SOUS

  1. Meng die bestanddele vir die sous en roer dit deur die pasta.
  2. Meng die bestanddele vir die sous.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.