Soorte resepte:

Resep: Oor-alles-slaaisous

Oor-alles-slaaisous (Foto: Lapa-uitgewers)

“ʼn Ou slaaisousie verander alles – dit maak ʼn slaai onmiddellik nie net eetbaar nie, maar lekker. Die probleem is dat die meeste slaaisouse met hope en hope suiker belaai is. Hier gee ek vir julle ʼn eenvoudige, vinnige slaaisous wat jy by enige slaai kan eet,” skryf Armand Aucamp in sy tweede resepteboek, Armand kook kaal Volume 2.

Lewer 300 ml

Bestanddele

  • 1 k olyfolie
  • 4 e rooiwynasyn
  • 2 t heuning
  • 2 t korrelmosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 t gedroogde Italiaanse kruie
  • sout en peper

Metode

  1. Gooi al die bestanddele in ʼn glasbottel, skroef die deksel op en skud baie goed. Jy kan ook alles in ʼn voedselverwerker gooi en goed meng.

Bron: Armand kook kaal Volume 2 deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.