Maroela Media-leser Faan Smit sê sy ouma Hentie het hulle op koue reënerige dae met hotom bederf.
“Ek vermoed die resep het ontstaan op ’n keer toe haar buitebakoond op die plaas Malgas in Potgietersrus haar melktertkorse nie na wense laat uitkom het nie,” sê Smit.
Bestanddele
- 3-4 e meel
- ½ k koue melk
- 1½ k warm melk
- ¼ k suiker
- knippie sout
- 2 eiers
- 5 ml vanieljegeursel
Metode
- Maak ’n gladde deeg van meel en koue melk.
- Voeg bogenoemde, suiker en sout by die warm melk. Roer oor medium hitte tot ’n dik pap.
- Klop gele van eiers (voeg eers ’n bietjie warm pap by eiers), dan eiers by warm pap en roer deur.
- Vou styfgeklopte eierwitte van eiers by. Kook tot gaar (ongeveer 5 minute) en vou voortdurend liggies om.
- Voeg laastens vanieljegeursel by en roer versigtig deur.
- Maak lae met klontjies botter en kaneelsuiker en sit voor met gestoofde vrugte of druiwekonfyt.
Het jy ‘n lekker familieresep? Stuur dit vir ons hier!
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Klink lekker.
Dit klink vir my soos die sussie van melkkos. Ryk, soet en verskriklik baie lekker.