Soorte resepte:

Resep: Ouma se aartappelkoekies

Ouma se aartappelkoekies. (Foto: Verskaf)

Maroela Media-leser Charlene van der Linde vertel dat haar ouma altyd hierdie aartappelkoekies vir hulle gemaak het.

Van der Linde het nooit moeite gedoen om die bestanddele en metode te onthou of neer te skryf nie, en daarom was dit wonderlik toe hulle ʼn jaar ná haar ouma se dood op die resep afkom wat in haar ouma se eie handskrif geskryf is.

“As ek reg onthou het my ouma dit nog by haar ouma gekry,” sê Van der Linde. “Dit is so vinnig en maklik om my ouma se aartappelkoekies te maak en dit smaak boonop heerlik.”

Bestanddele

  • 3 mediumgrootte aartappels
  • 1 e koekmeelblom
  • 1 eier, geklits
  • 1 t sout
  • 2 t bakpoeier
  • bietjie olie om die koekies in te braai

Metode

  1. Skil en rasper die aartappels.
  2. Meng die ander bestanddele by.
  3. Verhit ʼn klein bietjie olie in die pan (net genoeg om te kan braai).
  4. Braai lepels vol van die mengsel totdat albei kante van die koekies bruin is.

Het jy ʼn resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit hier na Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

My ma het die aartappel koekies baie gebak. Dit is heerlik en maak die honger gou stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.