Soorte resepte:

Resep: Pampoenkoekies

Pampoenkoekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wat is ’n lekker bord boeretrooskos sonder heerlike, tradisionele pampoenkoekies?

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 187 ml (¾ koppie) koekmeel
  • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 eiers
  • 375 ml (1½ koppie) gaar fyn botterskorsie of pampoen
  • genoeg olie vir diepvetbraai

Sous

  • 60 ml (4 eetlepels) Clover-botter
  • 385 g (1 blik) Clover-kondensmelk
  • 187 ml (¾ koppie) water
  • 125 ml (½ koppie) Clover-volroommelk
  • 20 ml (4 teelepels) vlapoeier
  • knippie sout

Metode

  1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  2. Klits die eiers en roer die fyn botterskorsie of pampoen daarby.
  3. Roer die pampoenmengsel by die meelmengsel tot ‘n gladde beslag. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol tot warm.
  4. Skep lepels vol beslag in die warm olie en braai tot goudbruin.
  5. Plaas die pampoenkoekies op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.

Sous

  1. Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die kondensmelk by.
  2. Laat prut oor lae hitte vir 7 minute terwyl af en toe geroer word.
  3. Roer die water by. Verhoog die hitte en laat kook nog 5 minute.
  4. Meng die vlapoeier en bietjie van die melk tot glad. Roer die oorblywende melk by tot ‘n klontvrye mengsel verkry is. Roer die sout ook by.
  5. Giet die vlamengsel by die warm mengsel in die kastrol, verhit tot kookpunt en kook nog 2 minute. Roer gereeld.
  6. Sit die pampoenkoekies voor met die warm sous bo-oor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.