Soorte resepte:

Resep: Pannekoek sonder melk en eier

(Foto: Pixabay)

Is daar mense in jou huis wat allergies is vir suiwel of eier? Dan is dít net die resep vir jou!

Lewer 12 pannekoeke

Bestanddele

  • 500 ml (240 g) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 2,5 ml sout
  • 700 ml water
  • 60 ml sonneblom- of kanolaolie
  • 30 ml asyn
  • olie vir braai

Metode

  1. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
  2. Meng die water, olie en asyn.
  3. Voeg die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele en klits met ʼn draadklitser tot gladde beslag vorm.
  4. Voeg die oorblywende vloeistof geleidelik by om ʼn loperige beslag te vorm.
  5. Verhit ʼn braaipan tot matig warm. Spuit kossproei daarin of smeer die bodem van die pan met ʼn bietjie olie.
  6. Giet ongeveer 75 ml beslag in die pan en kantel die pan na alle kante om die bodem met ʼn egalige lagie te bedek. Pas die hoeveelheid beslag aan volgens die grootte van die braaipan.
  7. Bak die pannekoek totdat borrels op die oppervlak vorm en die beslag stol. Draai dit om en bak die ander kant.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
JohanCzu

So hulle haal die melke en eier, omtrent die enigste gesonde bstanddele daarin, uit, en vervang dit met meer gemors….