Soorte resepte:

Resep: Peer-en-boontjieslaai

Peer-en-boontjieslaai (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie resep kan ewe goed werk as ʼn bygereg, styselgereg of ligte middagete.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 125 g groenboontjies, in 2 cm-stukkies gesny
  • 400 g-blik Weigh-Less-peerhelftes in vrugtesap
  • 125 ml peersap van ingemaakte pere
  • 5 ml mielieblom, gemeng met peersap
  • 400 g-blik rooi nierboontjies, gedreineer, afgespoel (240 g gedreineer)
  • 2 skyfies ui, fyn gekap (25 g)
  • 75 g laevet-fetakaas, in klein blokkies gesny of gekrummel
  • 5 ml kanola- of olyfolie
  • 10 ml suurlemoensap
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 g pekanneute, gekap
  • 45 g lensie- of boontjiespruite – opsioneel

Metode:

  1. Stoom of kook die groenboontjiestukkies tot heldergroen en brosgaar. Dreineer en laat afkoel
  2. Dreineer die peerhelftes. Mikrogolf die peersap­en-mielieblommengsel vir 1 tot 2 minute op hoog. Roer elke paar sekondes tot die sous effens verdik en gaar is. Sny die peerhelftes in kleiner stukkies en plaas dit in ʼn slaaibak. Voeg die groenboontjies, nierboontjies, ui en fetakaas by.
  3. Meng die peersous, olie en suurlemoensap en giet dit oor die slaai. Meng liggies deur en geur na smaak met swartpeper. Verkoel vir minstens 1 uur sodat die geure kan meng. Meng liggies deur en strooi die pekanneute en lensie- of boontjiespruite oor. Bedien dit as ʼn bygereg of styselgereg of verdubbel die porsie en eet dit as ʼn ligte middagete.

Variasie: Die rooi nierboontjies kan met enige ander gaar droëbone vervang word. Vir kleur kan stukkies pikante soetrissie (soos Peppadews®), gedroogde bosbessies (cranberries) of repies vars rooi soetrissie bygevoeg word.

Bron: Lekker & Gesond: Glutenvry deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eend Bessinger ·

Boontjies gee jou te veel gas? Probeer tamaties of ‘n ander groente.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.