Soorte resepte:

Resep: Pepersous

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pexels)

Dit is die perfekte sous vir jou volgende geroosterde T-beenskyf.

Lewer ongeveer 100 ml.

Bestanddele

  • 1 sny witbrood
  • 30 ml appelasyn
  • 15 ml swartpeperkorrels
  • 15 ml witpeperkorrels
  • 15 ml pienkpeperkorrels
  • 60 ml olyfolie of olyf-en-saadolie-versnit

Metode

  1. Krummel die brood en maak dit nat met die asyn.
  2. Maak die peperkorrels fyn in ʼn voedselverwerker en voeg die brood en olie by terwyl die menger aan is.
  3. Meng tot die sous deeglik gemeng is en sit voor.

Bron: Koskas Kos

Uitgewer: Lapa

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.