Soorte resepte:

Resep: Pikante vakansieslaai

Pikante vakansieslaai. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Bêreslaai is ʼn wenner, veral in die warm somertyd!

Lewer 6 tot 8 porsies.

Bestanddele

  • 410 g (1 blik) perskeskywe
  • 410 g (1 blik) pynappelskywe
  • 400 g (1 fles) wit piekeluie
  • 410 g (1 blik) gebakte boontjies in tamatiesous
  • 15 ml suiker
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 50 ml appelkooskonfyt
  • 15 ml mielieblom
  • ʼn paar druppels Tabascosous

Metode

  1. Dreineer die perske- en pynappelskywe, maar behou die stroop. Dreineer die uitjies en behou die vloeistof.
  2. Sny die perske en pynappel in blokkies en meng dit met die boontjies. Sny die uitjies in kwarte en voeg dit by.
  3. Meng die vrugte se stroop en die uie se inmaakvloeistof in ʼn kastrol. Roer die suiker en kerriepoeier by. Voeg die appelkooskonfyt by en verhit dit tot kookpunt.
  4. Meng die mielieblom met ʼn bietjie water en roer dit by die mengsel sodra dit kook.
  5. Roer tot die sous verdik en haal dit van die stoof af. Geur dit met Tabascosous en giet dit oor die vrugtemengsel. Meng goed deur en laat afkoel.
  6. Bere die mengsel in ʼn lugdigte houer in die yskas.

Bron: Lekker en Vinnig – Blikkies en Pakkies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elmarie ·

Ag nee liewe aarde, met al ons heerlike vars vrugte en groente heeljaar deur hoekom sou mens blikkiesgoed wou opdis as ‘n slaai? Nee wat…

VannieBaai ·

Het jy gesien wat kos vars vrugte deesdae? Dan praat mens nie ens van die kwaliteit daarvan nie. Ek hou maar liewer by die blikkies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.