Soorte resepte:

Resep: Pruimgevulde beesworsies met pruimsous

Foto: Lekker en Vinnig

Foto: Lekker en Vinnig

(Uit: Braaitreffers, Hannetjie Joubert)
Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 10 beesworsies
  • 20 gepelde amandels
  • 20 ontpitte pruimedante, oornag geweek
  • 10 repies ontbytspek

Pruimsous:

  • 410 g (1 blik) pruime, gedreineer en verpulp
  • 1 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn gemmer
  • 100 ml bruinsuiker
  • 30 ml suurlemoensap
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 20 ml pruim- of appelkooskonfyt

 Metode:

  1. Sny die worsies in die lengte sonder om dwarsdeur te sny.
  2. Druk ’n amandel in elke pruimedant en plaas twee pruimedante in elke worsie.
  3. Draai ’n reep spek om elkeen en steek met tandestokkies vas.
  4. Verhit die sousbestanddele saam en prut 5 minute lank. Bestryk die worsies daarmee.
  5. Rooster die worsies 15-20 minute lank sowat 100 mm bo matige kole terwyl voortdurend met sous bedruip word.
  6. Verhit die res van die sous en sit saam met die worsies voor.

Bron: Lekker en Vinnig saamgestel deur Hendri Warricker en Riaan Bosch
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan van Wyk ·

Ek het ‘n Facebook blad “Afrikaanse Resepte Blad” en is tans besig om ‘n Afrikaanse Resepte blog te doen waar ek graag resepte wil deel. mag ek van julle resepte en fotos gebruik?

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan

Ons besit nie die kopiereg op enige van die resepte wat ons publiseer nie.
Ons het ‘n ooreenkoms met die spesifieke uitgewers en kan dus nie toestemming aan jou bied om dit te reproduseer nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.