Soorte resepte:

Resep: Quinoa met gekaramelliseerde uie

Quinoa met gekaramelliseerde uie (Foto: Lapa)

Smul aan dié geurige dis.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

Gekaramelliseerde uie

  • 1 groot rooi-ui, gekap
  • 1 e olyfolie
  • 1 e rou heuning
  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • 1 t gedroogde pietersielie

Quinoa

  • 2 k quinoa
  • ¼ t woestyn- of pienk sout
  • 1 t gedroogde pietersielie
  • hand vol vars Italiaanse pietersielie, gekap

Garnering

  • 1 e amandelmeel
  • roosmaryntakkie

Metode

  1. Braai die gekapte ui in ‘n pan tot goudbruin en gaar.
  2. Bedruip met heuning en geur met sout en pietersielie. Braai tot die heuning karamelliseer. Laat afkoel.
  3. Maak die quinoa gaar volgens die aanwysings op die verpakking.
  4. Geur dit met die sout en gedroogte pietersielie. Laat afkoel. Meng die uie en van die pietersielie deur die quinoa.
  5. Skep in ʼn mooi bak. Rond af met die res van die pietersielie, amandelmeel en roosmaryn. Sit voor met ʼn roket-en-kruieslaai indien verkies.

 

Bron: Karlien kan nie kook nie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.