Soorte resepte:

Resep: Robert se witsous

Witsous ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Spek, uie en hoenderaftreksel vat hierdie witsous na die volgende vlak.
Lewer sowat 300 ml sous

Bestanddele

  • 40 g botter
  • 30 ml fyngekapte ui
  • 1 repie spek, gekap
  • 30 ml koekmeel
  • 150 ml hoenderaftreksel
  • 450 warm melk
  • 1 naeltjie
  • 1 lourierblaar
  • 3 wit peperkorrels, fyngestamp
  • gerasperde neutmuskaat na smaak

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn kastrol en soteer die ui liggies tot sag. Voeg die spek by en braai liggies tot die spek gaar is.
  2. Voeg die meel by en kook vir ongeveer 2 minute tot die meel goed inkorporeer is. Roer aanhoudend. Voeg die aftreksel geleidelik by en roer aanhoudend.
  3. Voeg die warm melk, naeltjie, lourierblaar, peperkorrels en neut by. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en prut baie stadig vir 15 minute of tot die sous dik en romerig is. Filtreer die sous deur ’n fynsif.

Wenk: Jy kan ʼn romerige sous vir vis, hoender, eiers of groente skep deur 30 ml room by die witsous te voeg en tot kookpunt te verhit. Geur na smaak en voeg ʼn bietjie suurlemoensap by voor opdiening.

Bron: Koskas-kos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Ek is nie ‘n varkvleis-mens nie. Tog is daar ‘n alternatief vir mense soos ek. Beesspek (macon). Dit werk en lyk nes spek maar kom van die agterkwart van ‘n bees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.