Soorte resepte:

Resep: Rysslaai met bone en mielies

Rysslaai met bone en mielies (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlik en gesond!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 125 ml rou bruinrys
  • 500 ml kookwater
  • 1,25 ml sout
  • 410 g (1 blik) rooi nierbone, gedreineer en afgespoel
  • 250 ml bevrore of geblikte mielies
  • 4 sprietuie, fyngekap
  • 50 ml gekapte vars koljander
  • Tabasco- of brandrissiesous na smaak

Metode

  1. Kook die rys in kookwater met ’n knippie sout.
  2. Voeg die bone en mielies 10 minute voordat die rys gaar is by.
  3. Dreineer oorblywende vloeistof en roer die sprietuie en koljander deur.
  4. Geur met Tabasco- of brandrissiesous na smaak.

Bron: Gesonde Kosblikkie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.