Soorte resepte:

Resep: Sampioen-en-bloukaassouttert

Sampioen-en-bloukaassouttert (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Tert vir elke geleentheid!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

BASIESE SOUTTERTMENGSEL

  • 6 eiers
  • ½ k melk
  • ¼ k room
  • ½ k amandelmeel
  • 1 e botter
  • 1 k gerasperde kaas (ek verkies mozzarella, maar enige harde kaas sal goed werk; verouderde cheddar is ook ’n wenner!)
  • varsgemaalde sout en peper

VULSEL

  • 1 e botter
  • 1 bruin ui in dun skywe gesny
  • 250 g bruin sampioene, grof gekap
  • 1 t tiemie
  • ¼ suurlemoen se sap
  • 8 peppadews, fyn gekap
  • 100 g bloukaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klop die eiers, melk en room deeglik saam. Voeg die amandelmeel by en roer deeglik met ’n lepel deur. Moet dit nie weer klits nie, maar roer deeglik om enige klonte te verwyder.
  3. Smelt die een eetlepel botter in die mikrogolf en voeg saam met die koppie gerasperde kaas by die eiermengsel en roer weer deur. Geur met varsgemaalde sout en peper na smaak.
  4. Om die vulsel te maak, smelt een eetlepel botter oor matige hitte in ’n braaipan. Braai die uie tot lekker gekaramelliseer.
  5. Voeg die sampioene en tiemie by en braai verder tot sag. Druk laastens die suurlemoensap oor die sampioene uit en roer.
  6. Voeg die sampioenmengsel en peppadews by die eiermengsel en roer deur met ’n lepel. Krummel die bloukaas by die mengsel in.
  7. Smeer ’n plat tertbak goed met botter. Gooi die mengsel in die tertbak en plaas in die oond. Bak vir ongeveer 20 minute of totdat dit regdeur (veral in die middel) gebak het.
  8. Laat die souttert vir 10 minute rus nadat jy dit uit die oond gehaal het voordat jy dit bedien.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anja van der Merwe ·

Dagsê Blue Butterfly

Dankie vir jou kommentaar. Jy kan inderdaad die amandelmeel met gewone meel vervang.

Lekker bak en brou!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.