Soorte resepte:

Resep: Soetpatats met spek

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Nicola Kruyshaar het dié heerlike resep ingestuur. Sy vertel dat haar pa altyd ʼn baie kreatiewe kok was en dat sy dit by hom geërf het. “Hy het soms net goed bymekaar gegooi om te eksperimenteer,” sê sy.

“Ek het sommer eendag die resep uitgedink en was verbaas hoe lekker dit uitgekom het!”

Bestanddele

  • 1 x pak bevrore soetpatatblokkies
  • 1 x pakkie gesnipperde spek
  • botter
  • kaneel
  • bruinsuiker

Metode

  1. Braai die bevrore patatblokkies in botter oor stadige hitte in ’n braaipan tot gaar. Dit neem ʼn rukkie en verg ʼn bietjie geduld. Moenie patats aanbrand nie en moet ook geen water byvoeg nie.
  2. Braai gesnipperde spek tot lekker gaar en bros in ʼn aparte braaipan.
  3. Meng nou die spek (en die spek se olie) by die patats.
  4. Gooi ekstra botter by en meng deur. Gooi suiker na smaak oor, asook ʼn bietjie kaneel. Bedien warm.

Stuur vir ons jóú resep hier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nicola ·

Ja, maak net seker die blokkies is nie te groot nie aangesien dit n rukkie vat om sag te kook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.