Soorte resepte:

Resep: Spek-en-mielie-souttert

Spek-en-mielie-souttert (Foto: Lapa)

Hierdie heerlike dis kan geniet word as ʼn bykos of net so op sy eie.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 250 g (1 pak) spekvleis, gesnipper
  • 250 g (1 pakkie) sampioene in skyfies gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
  • 280 g (1 blikkie) Weense worsies in pekelwater, gedreineer en gesnipper
  • 410 g (1 blik) geroomde suikermielies
  • sout
  • knypie rooipeper
  • 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
  • 5 eiers, geklits

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ʼn ronde 24 cm-oondbak met kossproei.
  2. Verhit olie en soteer die ui en spekvleis tot gaar.
  3. Voeg die sampioene by en soteer nog 5 minute.
  4. Voeg die soetrissie en pietersielie by. Soteer 2 minute lank. Verwyder dit van die hitte.
  5. Roer die worsies, suikermielies, sout, rooipeper en kaas by die spekvleismengsel en skep dit in die bak. Giet die geklitste eiers oor.
  6. Bak dit 40 minute lank tot goudbruin en gestol in die middel.

 

Bron: Beste uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.