Soorte resepte:

[Resep] Spinasie-en-feta-quiche

Spinasie-en-feta-quiche (Foto: Corli se Kombuis)

Spinasie-en-feta-quiche (Foto: Corli se Kombuis)

Lewer agt porsies

Dié resep is een van die maklikste en lekkerste quiche-resepte nóg!

Bestanddele:

Tertdop

  • 400 ml koekmeel (1½ koppie)
  • 125 g ongesoute yskoue botter
  • 1 eiergeel
  • 30 ml yswater

Vulsel

  • 500 ml gekapte spinasie
  • 125 ml platblaarpietersieIie, fyngekap
  • 2 sprietuie, fyngekap
  • 100 g fetakaas
  • 5-6 eiers
  • 125 ml melk (of room as jy dekadent voel)
  • sout en peper

Metode:

Tertdop

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C en smeer ʼn losboomtertpan.
  2. Plaas die meel en botter in ’n voedselverwerker en pols tot die mengsel soos broodkrummels Iyk. Voeg die eiergeel en yswater by en verwerk tot die deeg in ’n bal vorm.
  3. Druk in ‘n skyf, bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 minute.
  4. Rol die deeg ongeveer 5 mm dik uit tussen 2 velle bakpapier, voer die tertpan daarmee uit en prik die boom met ’n vurk. Verkoel weer vir 30 minute.
  5. Bak die kors blind vir 15-20 minute.

Vulsel

  1. Versprei die spinasie, pietersielie en ui in die tertdop en krummel die kaas bo-oor.
  2. Klits die eiers, melk en sout (oppas vir te veel as die kaas baie sout is) en peper saam in ’n mengbak en giet versigtig oor die spinasie en kaas.
  3. Bak vir 20 – 30 minute tot goudbruin en sit voor.

Bron: Corli se Kombuis
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise E. ·

Seker fout? Oond kan nie aan gesit word as deeg uur in yskas in total moet wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.