Soorte resepte:

Resep: Tamatie-en-sampioen-dhal

Tamatie-en-sampioen-dhal (Foto: SAMFA)

ʼn Tikkie Oosterse-kookkuns maak dié resep liplekker!

Genoeg vir 4 – 6 mense

Bestanddele

  • 30 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 15 ml vars gemmer, fyn gerasper
  • 15 ml kerriepasta
  • 400 g portabellini-sampioene, gehalveer
  • 1 x 410 g blik gekapte tamaties
  • 2 x 410 g blikke bruin lensies, gedreineer
  • 45 ml gewone jogurt of dik room
  • 30 ml vars koljander, gekap

Vir opdiening (opsioneel)

  • rys
  • naanbrood
  • raita
  • geroosterde klapper

Metode

  1. Verhit die olie in ’n pan en braai die uie en die knoffel liggies vir 5 – 7 minute.
  2. Voeg die gemmer, kerriepasta en sampioene by en kook vir 3 – 4 minute.
  3. Roer die tamaties en die lensies by en laat prut vir 5 minute. Bedek met die jogurt of die room en die koljander.
  4. Bedien met rys of naanbrode, raita en/of geroosterde klapper.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.