ʼn Heerlike vegetariese gereg of bykos.
4-6 porsies
Bestanddele
- 1 e olyfolie
- 300 g blomkool
- 125 g langsteelbroccoli
- 100 g babamielies
- 80 g peulertjies
- 100 g wortel, in repies gesny
- 1 klein rooi, geel en oranje soetrissie, in blokkies gesny (voeg die soetrissies se pitte ook by)
- sous
SOUS
- 2 t gesnipperde sitroengras
- 1 t gerasperde vars gemmer
- 2 t rooi kerriepasta
- 2 e olyfolie
- 100 ml onversoete amandelmelk
- 2 t woestyn- of pienk sout
- 2 e rou heuning
OPDIENING
- hand vol vars koljander, gekap
- basmatirys of Sjinese noedels
Metode
- Verhit die olie in ’n groot pan of wok en roerbraai die groente.
- Meng die sous en gooi dit oor die groente sodra dit so gaar is soos verkies.
- Laat prut vir 5 minute en roer die koljanderblare deur. Sit voor met basmatirys of Sjinese noedels.
Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld
Uitgewer: Lapa