Soorte resepte:

Resep: Tuinertjiesop

Tuinertjiesop. (Foto: Lapa-uitgewers)

Jy kan dié tuinertjiesop in ʼn japtrap voorberei.  Dit kan net so maklik ingepak of gevries en ontdooi word vir ʼn latere stadium.

Porsiegrootte: 300 ml

Bestanddele:

  • Kookwater
  • Hoenderaftrekselblokkie
  • Bevrore groenertjies
  • Mielieblom
  • Laevetmelk
  • Sout, fyn gemmer en fyn witpeper – na smaak

2 porsies

  • 250 ml kookwater
  • ½ hoenderaftrekselblokkie
  • 250 g bevrore groenertjies
  • 175 ml kookwater
  • 25 ml mielieblom
  • 125 ml laevetmelk
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml fyn gemmer
  • klein knippie fyn witpeper

4 porsies

  • 500 ml kookwater
  • 1 hoenderaftrekselblokkie
  • 500 g bevrore groenertjies
  • 350 ml kookwater
  • 50 ml (25 g) mielieblom
  • 250 ml laevetmelk
  • 5 ml sout
  • 2,5 ml fyn gemmer
  • knippie fyn witpeper

Metode:

  1. Kook die water, hoenderaftreksel en ertjies vir 10 tot 15 minute oor lae hitte tot die ertjies sag en gaar is.
  2. Verpulp die ertjies en voeg die orige kookwater by.
  3. Meng die mielieblom met ʼn bietjie melk tot glad en roer dit saam met die res van die melk by die ertjiepuree.
  4. Roer en kook vir 1 tot 2 minute totdat die sop dik en gaar is.
  5. Geur dit met sout, gemmer en peper.

Wenk

Om dit in te pak of te bêre kan jy die volgende doen: Giet die warm sop in ʼn geïsoleerde wyebekfles en neem dit saam.  Die sop kan ook in gebruikporsies gevries en dan ontdooi en verhit word soos nodig.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan
Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.