Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte macaroni-en-kaas

Tuisgemaakte macaroni-en-kaas (Foto: Lapa-uitgewers)

Perfek vir aandete vanaand!

Bestanddele

  • 500 g (1 pak) macaroni
  • 5 ml (1 t) sout

WITSOUS

  • 1 ℓ (4 k) Clover-volroommelk
  • 125 g (¼ blok) Clover Farmstyle-botter
  • 200 ml (½ k) koekmeel
  • 250 ml (1 k) Clover-room
  • 5 ml (1 t) sout
  • 1 ml swartpeper
  • knippie rooipeper
  • 375 ml (1½ k) Clover- beleë cheddarkaas, gerasper

BO-OOR

  • 87 ml (¾ k) Clover- beleë cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Kook die pasta in borrelende water waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is. Kook tot al dente.
  2. Dreineer die macaroni. Hou eenkant.

WITSOUS

  1. Verhit die melk tot warm.
  2. Smelt die botter in ’n kastrol. Roer die koekmeel by tot glad en sonder klonte.
  3. Voeg die melk bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geroer word. Laat kook die witsous oor medium hitte vir ongeveer 3 minute tot dik.
  4. Verwyder van die hitte. Roer die room, sout, peper, rooipeper en kaas by.
  5. Roer die gaar macaroni by die witsous.
  6. Skep die macaroni in ’n groot diep oondvaste bak van ongeveer 22 cm x 32 cm wat met botter gesmeer is.

BO-OOR

  1. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 20 minute.
  2. Plaas onder die oond se roosterelement tot liggoudbruin bo-op.
  3. Sit warm voor.

Bron: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.